Chuck Norris

Chuck Norris
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Chuck Norris in 2015

Geboortenaam Carlos Ray Norris
Geboorte 10 Maart 1940 (1940-03-10)
Ryan, Oklahoma, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaans
Kinders 5
Beroep(e) Akteur en vervaardiger
Aktiewe jare 1968–nou
Webwerf chucknorris.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Carlos Ray (Chuck) Norris is 'n Amerikaanse akteur en vegkunstenaar. Hy is veral bekend onder televisiekykers vir sy rol in die reeks Walker, Texas Ranger, wat gestrek het van 1993 tot 2001. Hy het ook die rol van veldwagter Cordell Walker vertolk in die rolprent Walker Texas Ranger 3: Deadly Reunion en in vier episodes van die televisiereeks Sons of Thunder. Norris is ook bekend vir sy rolle in drie Missing in Action-films, twee The Delta Force-films en rolprente soos Lone Wolf McQuade en Code of Silence. Op die internet het Norris kultusstatus verwerf weens die verskeie Chuck Norris-grappies wat munt slaan uit sy heldrolle.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy